JESAJA 51

Herstelling en geluk van Israel.

1 LUISTER na My,julle wat die geregtigheid najaag, wat dieHeresoek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.

2 Aanskou Abraham, julle vader, enSara, wat julle gebaar het;want as eenling het Ek hom geroep enhom geseën en hom vermenigvuldig.

3 Want dieHerevertroos Sion; Hy vertroosal sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernissoos die tuin van dieHere; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.

4 Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie!Want ’n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as’n lig van die volke.

5 My oorwinning is naby, my heil trek uit enmy arms sal die volke oordeel;op My sal die eilande wag, en op my arm sal hulle hoop.

6 Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder;want die hemel sal soos rook verdwyn endie aarde soos ’n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie.

7 Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is!Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie;

8 want die mot sal hulle opeet soos ’n kleed, en die wurm sal hulle verteer soos wol; maar my geregtigheid sal vir ewig bestaan en my heil van geslag tot geslag.

9 Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte,arm van dieHere! Ontwaak soosin die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede. Is dit nie u watRahab neergekap,wat die seemonster deurboor het nie?

10 Is dit nie u wat die see, die waters van die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see ’n pad gemaak hetvir die deurtog van die verlostes nie?

11 So sal dan die losgekooptes van dieHereteruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg.

12 Ek is dit wat julle troos! Wie is jy,dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee wordsoos gras? —

13 dat jy vergeet dieHerewat jou gemaak het,wat die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker as hy dit daarop toelê om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid van die verdrukker?

14 Diein boeiegekromde word gou losgelaat ensal nie sterwend in die kuil neerdaal nie, en sy brood sal nie ontbreek nie.

15 Maar Ek is dieHerejou God wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis;Herevan die leërskare is sy Naam!

16 EnEk het my woorde in jou mond gelê enin die skaduwee van my hand jou verberg; om die hemel te plant en die aarde te grond en aan Sion te sê:My volk is jy!

Wekroep aan Jerusalem.

17 ONTWAAK, ontwaak, staan op, Jerusalem, jy wat uit die hand van dieHeredie beker van sy grimmigheid gedrink het;die kelk van bedwelming het jy uitgedrink, uitgesuig.

18 Nie een van al die seuns wat sy gebaar het, het haar gelei nie; en nie een van al die seuns wat sy grootgemaak het, het haar aan die hand gegryp nie.

19 Hierdie twee dinge het jou oorgekom — wie het medelyde met jou? — verwoesting en verbreking, hongersnood en swaard.Hoe sou ek jou kan troos?

20 Jou kinders het onmagtig gelê by al die straathoeke soos ’n eland in ’n vangkuil, vol van die grimmigheid van dieHere, van die dreiging van jou God.

21 Daarom, hoor tog dit, ellendige,en jy wat dronk is, maar nie van wyn nie!

22 So sê jou Here, dieHere, en jou Godwat die saak van sy volk verdedig: Kyk, Ek neem die beker van bedwelming uit jou hand, die kelk van my grimmigheid; jy sal dit verder nie meer drink nie.

23 MaarEk sal dit in die hand gee van die wat jou droefheid aandoen,wat vir jou gesê het: Buig, dat ons oor kan gaan; en jy moes jou rug maak soos die grond en soos ’n straat vir die wat daaroor gaan.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

15 − 12 =