Dawid bid God om die goddelose mense te straf.
1 ’nPSALMvan Dawid.
# Here,twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry!
2 Gryp dieklein skild en die grote, en staan op as my hulp!
3 En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!
4 Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word!
5 Laat hulle wordsoos kaf voor die wind, terwyl die Engel van dieHerehullewegstoot.
6 Laat hulle weg duister englibberig wees, terwyl die Engel van dieHerehulle vervolg!
7 Want hulle het sonder oorsaakdie kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe.
8 Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting!
9 Maar my siel sal juig in dieHere,dit sal bly wees in sy heil.
10 Al my beendere sal sê:Here, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!
11 Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.
12 Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel.
13 En ek — toe hulle siek was, het ek ’n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebedhet teruggekeer in my boesem.
14 Ek het rondgegaan asof dit ’n vriend, asof dit ’n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.
15 Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.
16 Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.
17 Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.
18 Ek sal U loof in ’n groot vergadering; onder ’n groot skare sal ek U prys.
19 Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat diewat my sonder oorsaak haat, niemet die oë knip nie!
20 Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land.
21 En hullemaak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!
22 Here, U het dit gesien, swyg nie. Here,wees nie ver van my af nie!
23 Ontwaak en word wakkervir my reg; my God en Here, vir my regsaak.
24 Doen aan my reg na u geregtigheid,Heremy God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!
25 Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê:Ons het hom verslind nie!
26 Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word!
27 Laat húlle jubel en bly wees wat ’n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is dieHerewat ’n welbehae het in die vrede van sy kneg!
28 Enmy tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.