PSALMS 38

’n Gebed in krankheid.

1 ’nPSALM van Dawid, by die gedenkoffer.

2 oHere, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie.

3 Wantu pyle het in my ingedring, enu hand het op my neergedaal.

4 Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond inmy gebeente vanweë my sonde nie.

5 Want my ongeregtighede gaan oor my hoof; soos ’n swaar pak het hulle vir my te swaar geword.

6 Mywonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.

7 Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ekin die rou;

8 want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.

9 Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ekbrul van die gebons van my hart.

10 Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.

11 My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; endie lig van my oë, ook dit is nie by my nie.

12 Die wat my liefhet en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandeshet ver gaan staan;

13 en die wat my lewe soek,span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog.

14 Maar ek is soos ’n dowe: ek hoor nie, en soos’n stomme wat sy mond nie oopmaak nie.

15 Ja, ek is soos ’n man wat nie hoor nie en in wie se mond geenteëspraak is nie;

16 want op U,Here, wag ek; Ú sal verhoor, Here my God!

17 Want ek het gesê:Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my!

18 Want ek is klaar om te val, en my smart is altyddeur voor my.

19 Ja,my ongeregtigheid bely ek,ek is bekommerd oor my sonde.

20 Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat myvalslik haat, is groot in aantal.

21 En die watkwaad vir goed vergeld, behandel my vyandig, omdat ek die goeie najaag.

22 Verlaat my nie, oHere! My God, wees nie ver van my af nie!

23 Maak tog gou om my te help, Here, my heil!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

10 + twelve =