PSALMS 42

Heimwee na God.

1 VIR die musiekleier. ’n Onderwysing vandie kinders van Korag.

2 Soos ’n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!

3 My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan envoor die aangesig van God verskyn?

4 My trane is my spys dag en nag,omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?

5 Hieraan wil ek dink enmy siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare,hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof — ’n feesvierende menigte!

6 Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof — die verlossing van sy aangesig!

7 oMy God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan Uuit die land van die Jordaan en dieHermons, van die klein gebergte af.

8 Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome;al u bare en u golwe het oor my heengegaan.

9 MaardieHeresal oordagsy goedertierenheid gebied, enin die nag sal sy lied by my wees, ’n gebed tot die God van my lewe.

10 Ek wil spreek tot God:My rots, waarom vergeet U my?Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?

11 Met ’n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?

12 Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × 2 =