God vaar op met gejuig.
1 VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Psalm.
2 Alle volke,klap met die hande; juig tot eer van God met ’n stem van gejubel!
3 Want dieHere, die Allerhoogste, isgedug, ’n groot Koning oor die hele aarde.
4 Hybring volke onder ons en nasies onder ons voete.
5 Hy kies onserfdeel vir ons uit, dietrots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.
6 God vaar op met gejuig, dieHeremet basuingeklank.
7 Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!
8 Want God isKoning van die hele aarde; psalmsing met ’n onderwysing.
9 God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.
10 Die edeles van die volke het vergader — ’n volk van die God van Abraham; wantaan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!