PSALMS 50

Die ware godsdiens.

1 ’nPSALM van Asaf.

# Die God van die gode, dieHere, spreek en roep die aarde,van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.

2 Uit Sion,die volkomenheid van skoonheid,verskyn God in ligglans.

3 Onse God kom en kan nie swyg nie.Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig.

4 Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel:

5 Versamelmy gunsgenote vir My,hulle wat my verbond by die offer sluit!

6 En —die hemele verkondig sy geregtigheid, wantGod staan gereed om te oordeel! Sela.

7 Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp:Ek is God, jou God!

8 Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My.

9 Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie;

10 want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende.

11 Ek ken al die voëls van die berge, enwat roer op die veld, is van My.

12 As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie;want die wêreld is myne en sy volheid.

13 Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink?

14 Offer dank aan God, enbetaal jou geloftes aan die Allerhoogste;

15 enroep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.

16 Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond —

17 terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp?

18 As jy ’n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers.

19 Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog.

20 Jy sit enpraat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy.

21 Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf enjou dit ordelik voor oë stel.

22 Verstaan dit tog, oGodvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie.

23 Die een wat dank offer, eer My; en die een wat opsyweg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three + seventeen =