PSALMS 53

Goddeloosheid van die mens.

1 VIR die musiekleier; opdie wysie van:„Máhalat.”’n Onderwysing van Dawid.

2 Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel enhulonreg afskuwelik gemaak;daar is niemand wat goed doen nie.

3 God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daariemand verstandig is, wat na God vra.

4 Hulle het almalafgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie.

5 Het die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, wat my volk opeetasofhulle brood eet? Hulle roep God nie aan nie.

6 Dáár het skrik hulle oorweldigsonder dat daar skrik was; want God hetdie beendereverstrooi van hom wat jou beleër het; jy hethullebeskaamd gemaak, want God het hulle verwerp.

7 Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As God die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

sixteen − 14 =