PSALMS 56

Troos van ’n vlugteling.

1 VIR die musiekleier; opdie wysie van:„Die Duif van die ver Terebinte.” Van Dawid. ’n Gedig, toe dieFilistyne hom gevang het in Gat.

2 Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.

3 My vyande vertrapmydie hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.

4 Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.

5 Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God,ek vrees nie; wat kan vlees my doen?

6 Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.

7 Hulle val aan,lê en loer — hulle let op my hakskene net soos hulleop my lewe geloer het.

8 Ondankshulongeregtigheid — sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!

9 Ú het my omswerwinge getel;hou my trane in u kruik; is hulle nie inu boek nie?

10 Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.

11 Deur God sal ek die woord prys; deur dieHeresal ek die woord prys.

12 Ek vertrou op God,ek vrees nie; wat kan ’n mens my doen?

13 Op my, o God,rusgeloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal;

14 wantU het my siel gered van die dood — ja, my voete van struikeling — om te wandel voor die aangesig van God indie lig van die lewe.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × three =