PSALMS 62

Stil tot God!

1 VIR die musiekleier; opdie wysie van:„Jedútun.” ’n Psalm van Dawid.

2 Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.

3 Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting;ek sal nie grootliks wankel nie.

4 Hoe lank sal julle aanstorm op ’n man, julle almalhomverbryselsoos ’n muur wat oorhang, ’n omgestote klipmuur?

5 Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.

6 Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!

7 Sekerlik,Hy is my rots en my heil, my rotsvesting;ek sal nie wankel nie.

8 By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.

9 Vertrou op Hom altyd, o volk!Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ’n toevlug vir ons. Sela.

10 Ja, nietigheid is die mensekinders,leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.

11 Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie;as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!

12 Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort,

13 en aan U, o Here, behoortdie goedertierenheid; wantU vergeld elkeen na sy werk.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

19 − 1 =