PSALMS 63

Dawid se verlange na God.

1 ’nPSALM van Dawid,toe hy in die woestyn van Juda was.

2 oGod, U is my God,U soek ek;my siel dors na U, my vlees smag na U, in ’n dor en uitgedroogde land, sonder water.

3 Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.

4 Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.

5 Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naammy hande ophef.

6 Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe

7 asek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.

8 Want U was ’n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.

9 My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.

10 Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom indie onderste plekke van die aarde.

11 Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word.

12 Maardie koning sal bly wees in God; elkeen watby Hom sweer, sal hom beroem; wantdie mond van die leuensprekers sal gestop word.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ten + 3 =