PSALMS 65

Loflied op die goedheid van God.

1 VIR die musiekleier.’n Psalm van Dawid. ’n Lied.

2 Aan U kom ’n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word.

3 oHoorder van die gebed, tot Umoet alle vlees kom!

4 Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad,maarU versoen ons oortredinge.

5 Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dathy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.

6 Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see!

7 Wat die berge grondves deur u krag, wat omgord is met mag,

8 watdie gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke;

9 sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel.

10 U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks;die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U dieland.

11 U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel.

12 U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid.

13 Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig.

14 Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

11 − eight =