PSALMS 73

Die groot raaisel.

1 ’nPSALM vanAsaf.

Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.

2 Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.

3 Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ekdie voorspoed van die goddelose mense sien.

4 Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam.

5 In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam metandermense word hulle nie geplaag nie.

6 Daarom is die trots om hulle soos ’n halssieraad, die geweld bedek hulle soos ’n gewaad.

7 Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor.

8 Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking;hulle spreek uit die hoogte.

9 Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde.

10 Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp.

11 En hulle sê:Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?

12 Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!

13 Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou enmy hande in onskuld gewas.

14 Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre.

15 As ek gesê het: Ek wil óók so spreek — dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders!

16 Toe het ek nagedink om dit te verstaan,maardit was moeite in my oë,

17 totdat ek indie heiligdomme van God ingegaanenophulle einde gelet het.

18 Waarlik, U stel hulle opgladde plekke; U laat hulle in puin val.

19 Hoe word hulle in ’n oomblik ’n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!

20 Soos ’n droom nadat ’n mens wakker word, o Here, so verag U,as U opwaak, hulle beeld!

21 Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,

22 toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was ’n dier by U.

23 Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.

24 U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheidopneem.

25 Wie het ekbuiten Uin die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.

26 Al beswykmy vlees en my hart — God is die rots van my hart enmy deel tot in ewigheid.

27 Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer.

28 Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die HereHerehet ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × five =