PSALMS 80

Die wingerdstok van die Here.

1 VIR die musiekleier;opdie wysie van:„Lelies.” ’n Getuienis. Van Asaf. ’n Psalm.

2 oHerder van Israel, hoor tog; U watJosefsoos skape lei, watbo-oor die gérubs troon, verskyn in ligglans!

3 Wek u mag opvoor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp!

4 oGod,herstel ons, enlaat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

5 oHere, God van die leërskare, hoe lank nog rooku toorn by die gebed van u volk?

6 U het hulletranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.

7 U het ons ’n voorwerp van stryd gemaak virons bure, en ons vyande drywe die spot.

8 oGod van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

9 ’n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het dienasies uitgedrywe en hom geplant.

10 U het voor hom plek gemaak, en hy het wortels geskiet en die land vervul.

11 Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God.

12 Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lotena die Rivier toe.

13 Waarom het Usy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?

14 Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af.

15 oGod van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok;

16 en wees ’n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.

17 Hy ismet vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.

18 Laat u hand wees oor die man vanu regterhand, oordie menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.

19 Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep.

20 oHere, God van die leërskare,herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five × four =