’n Feeslied en klaagsang.
1 VIR die musiekleier;op die Gittiet.’n Psalmvan Asaf.
2 Jubel tot eer van God, ons sterkte!Juig tot eer van die God van Jakob!
3 Hef aan ’n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.
4 Blaas diebasuinop nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag.
5 Want dit is ’n insetting vir Israel, ’n verordening van die God van Jakob.
6 Hy het dit ingestel as getuienis inJosef toeHy uitgetrek het teen Egipteland.’n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor:
7 Ek het sy skouer bevry vandie las, sy hande het die mandjie gelos.
8 In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek hetjou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek hetjou getoets by die waters van Mériba. Sela.
9 Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!
10 Daar mag by jou geenvreemde god wees nie, en voor ’n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie.
11 Ek is dieHerejou God wat jou laat optrek het uit Egipteland;maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.
12 Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.
13 Toe hetEk hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel.
14 Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel!
15 Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek.
16 Die haters van dieHeresou kruipende na Hom toe kom; maar húlle tyd sou vir ewig wees.
17 Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en metheuning uit die rots sou Ek jou versadig.