PSALMS 83

Vyande rondom!

1 ’nLIED. ’n Psalm van Asaf.

2 oGod,hou U nie stil nie,swyg nie en rus nie, o God!

3 Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.

4 Teen u volk smee hulle listig ’n plan en hou onder mekaar raad teenu verborgenes.

5 Hulle sê: Kom,laat ons hulle vernietig,dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.

6 Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle ’n verbond:

7 die tente vanEdom en dieIsmaeliete, Moab en dieHagareners,

8 Gebal enAmmon, enÁmalek, Filistéa saam met die inwoners van Tirus.

9 Ook hetAssur by hulle aangesluit; hulle is ’n arm virdie kinders van Lot. Sela.

10 Maak met hulle soos metMídian, soos metSísera, soos met Jabin by diespruit Kison:

11 hulle is verdelg by En-Dor, hulle hetmis geword vir die grond.

12 Maak hulle, hul edeles, soosOreb en Seëb, en al hulle vorste soosSeba en Sálmuna,

13 wat sê:Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem!

14 My God, maak hullesoos strooi,soos stoppels voor die wind.

15 Soos vuur wat ’n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek —

16 vervolg hulle só met u storm en verskrik hulle met u stormwind.

17 Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle u Naam kan soek, oHere!

18 Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom;

19 sodat hullekan weet dat U,wie se NaamHereis, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 + 15 =