Hoe lieflik is u woninge!
1 VIR die musiekleier;op die Gittiet. Van die kinders van Korag. ’n Psalm.
2 Hoe lieflik isu woninge, oHerevan die leërskare!
3 My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van dieHere; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.
4 Selfs vind diemossie ’n huis en die swaweltjie ’n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare,Herevan die leërskare, my Koning en my God!
5 Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulleprys U gedurig. Sela.
6 Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.
7 As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ’n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.
8 Hulle gaan van krag tot krag; elkeenvan hullesalverskyn voor God in Sion.
9 Here, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.
10 oGod, ons skild, kyk en aanskou die aangesig vanu gesalfde.
11 Want ’n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.
12 Want dieHereGod is’n son en skild; dieHeresal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.
13 Herevan die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!