In die beskerming van die Allerhoogste.
1 HY wat indie skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernagin die skaduwee van die Almagtige.
2 Ek sal tot dieHeresê: My toevlug en my bergvesting, my Godop wie ek vertrou.
3 Want Hy is dit wat jou sal red uitdie net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
4 Hy sal jou dek met sy vlerke, enonder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ’nskild en pantser.
5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
6 vir die pes wat in die donker wandel, vir diesiekte wat op die middag verwoes nie!
7 Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie.
8 Net met jou oë sal jy dit aanskou endie vergelding van die goddelose sien.
9 Want U,Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
11 want Hy salsy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slangvertrap.
14 Omdat hy My liefhet,sê God,daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred eneer aan hom gee.
16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.