PSALMS 93

Die Koningstroon bo die volkesee.

1 DIEHereis Koning;Hy is met hoogheid bekleed. DieHereis bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.

2 Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U.

3 Die riviere, oHere, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas!

4 Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is dieHeregeweldig in die hoogte!

5 U getuienisse is baie betroubaar. Heiligheid pas by u huis,Here, tot in lengte van dae!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × one =