Die Regter kom!
1 SING tot eer van dieHere’n nuwe lied; sing voor dieHere, o ganse aarde!
2 Sing tot eer van dieHere, loof sy Naam, verkondig sy heil van dag tot dag.
3 Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.
4 Want dieHereis groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode.
5 Want al die gode van die volke is afgode, maar dieHerehet die hemele gemaak.
6 Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig,sterkte en sieraad in sy heiligdom.
7 Gee aan dieHere, ogeslagte van die volke, gee aan dieHereeer en sterkte.
8 Gee aan dieHeredie eer van sy Naam, bringoffers en kom insy voorhowe.
9 Aanbid dieHerein heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde!
10 Sê onder die volke: DieHereis Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.
11 Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis.
12 Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel
13 voor die aangesig van dieHere; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou.