’n Psalm tot eer van die driemaal-Heilige.
1 DIEHereis Koning; laat die volke bewe!Hy troon op die gérubs; laat die aarde sidder!
2 DieHereis groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke.
3 Laat hulle u grote en gedugte Naam loof!Heilig is Hy!
4 Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. Ú het bevestig wat regverdig is; Ú het reg en geregtigheid gedoen in Jakob.
5 Verhef dieHereonse God, en buig julle neer voordie voetbank van sy voete. Heilig is Hy!
6 Moses en Aäron was onder sy priesters, enSamuel onder die aanroepers van sy Naam. Hullehet dieHereaangeroep, en Hý het hulle verhoor.
7 In diewolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het sy getuienisse onderhou en die insetting wat Hy hulle gegee het.
8 oHereonse God, Ú het hulle verhoor, U was vir hulle ’n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade.
9 Verhef dieHereonse God, en buig julle neer voorsy heilige berg. Want heilig is dieHereonse God.