PSALMS 101

Vir konings en staatsmanne.

1 VAN Dawid. ’n Psalm.

Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, oHere!

2 Ek wil ag gee op regskape wandel —wanneer sal U na my kom? Ekwandel in dieopregtheid van my hart, binne-in my huis.

3 Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie.

4 ’n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil ek nieken nie.

5 Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ekvernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie.

6 My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, dié mag my dien.

7 Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my oë nie bestaan nie.

8 Elke môre sal ek al die goddelose van die land vernietig, om al die werkers van ongeregtigheid uitdie stad van dieHereuit te roei.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four + twenty =