PSALMS 103

Loof die Here, die genadige en barmhartige God!

1 ’nPSALMvan Dawid.

# Loof dieHere, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!

2 Loof dieHere, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!

3 Watal jou ongeregtigheid vergewe, watal jou krankhede genees,

4 wat jou lewe verlos van die verderf, watjou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,

5 wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut wordsoos dié van ’n arend.

6 DieHeredoen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.

7 Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.

8 Barmhartig en genadig is dieHere, lankmoedig en groot van goedertierenheid.

9 Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.

10 Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.

11 Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oordie wat Hom vrees.

12 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

13 Soos ’n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm dieHereHom oor die wat Hom vrees.

14 Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is,gedagtig dat onsstof is.

15 Die mens — soos diegras is sy dae; soos ’n blom van die veld, so bloei hy.

16 As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.

17 Maar die goedertierenheid van dieHereis van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheidvir kindskinders,

18 vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen.

19 DieHerehetsy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.

20 Loof dieHere,sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!

21 Loof dieHere, al sy leërskare,sy dienaars wat sy welbehae doen!

22 Loof dieHere, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy!Loof dieHere, o my siel!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve − 9 =