PSALMS 105

’n Dankbare terugblik.

1 LOOF dieHere, roep sy Naam aan,maak onder die volke sy dade bekend.

2 Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.

3 Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat dieHeresoek, bly wees.

4 Vra na dieHereen sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.

5 Dink aan sywonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond,

6 onageslag van Abraham, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!

7 Hy, dieHere, is onse God; oor die hele aarde is sy oordele.

8 Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte —

9 die verbondwat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;

10 wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as ’n ewige verbond,

11 met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle aangewese erfdeel.

12 Toe hulle min mense was, min en vreemdelinge daarin,

13 en hulle getrek het van nasie tot nasie, van die een koninkryk na die ander volk,

14 het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestrafen gesê:

15 Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.

16 EnHy het ’n hongersnood oor die land geroep: elkestaf van brood het Hy verbreek.

17 Hy het ’n man voor hulle uit gestuur: Josefis as slaaf verkoop.

18 Hulle het sy voete in boeie geknel, hy self het in die ysters gekom,

19 tot op die tyd datsy woord uitgekom het, die woord van dieHerehom beproef verklaar het.

20 Die koning het gestuur en hom losgemaak, die heerser van die volke, en hom losgelaat.

21 Hy het hom aangestel as heer oor sy huis en as heerser oor al sy goed;

22 om sy vorste te bind na sy begeerte, en aan sy oudstes moes hy wysheid leer.

23 Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoefin die land van Gam.

24 EnHy het sy volk baie vrugbaar gemaak en dit meer versterk as sy teëstanders.

25 Hy het hulle hart verander, om sy volk te haat, om listig teen sy knegte te handel.

26 Hy het Moses, sy kneg, gestuur en Aäron wat Hy uitgekies het.

27 Dié het onder hulle sy aangekondigde tekens gedoen en wonders in die land van Gam.

28 Hy het duisternis gestuur en dit donker gemaak; en hulle was teen sy woorde nie wederstrewig nie.

29 Hy het hulle waters verander in bloed en hulle visse laat sterwe.

30 Hulle land het gewemel van paddas, in die kamers van hulle konings.

31 Hy het gespreek, en daar het steekvlieë gekom,muskiete in hulle hele grondgebied.

32 Hy het hulle reëns hael gemaak,vuurvlamme in hulle land.

33 En Hy het hulle wingerdstok en hulle vyeboom geslaan en die bome van hulle grondgebied verbreek.

34 Hy het gespreek, en daar hetsprinkane gekom en voetgangers sonder getal,

35 wat al die plante in hulle land opgeëet het, ja, opgeëet het die vrugte van hulle grond.

36 Hy het ook al die eersgeborenes in hulle land getref, die eerstelinge van al hulle krag.

37 Toe het Hy hulle laat uitgaanmet silwer en goud, en onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie.

38 Egipte was bly toe hulle uittrek, wantvrees vir hulle het op hulle geval.

39 Hy het ’n wolk uitgebrei as bedekking en vuur om die nag te verlig.

40 Hulle het gebid: toelaat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig methemelbrood.

41 Hy het ’n rots oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur die dor plekke — ’n rivier!

42 WantHy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg.

43 En Hy het sy volk laat uitgaan met vreugde, sy uitverkorenes met gejubel.

44 EnHy het aan hulle die lande van die heidene gegee, en wat deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem,

45 dat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar. Halleluja!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

15 + 20 =