God bly getrou!
1 HALLELUJA!Loof dieHere,want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
2 Wie kan die magtige dade van dieHereuitspreek, al sy roem verkondig?
3 Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.
4 Dink aan my, oHere, na die welbehae in u volk, besoek my met u heil,
5 dat ek kan aanskou die geluk vanu uitverkorenes, dat ek bly kan wees in die blydskap van u volk, my kan beroem met u erfdeel.
6 Ons hetgesondig,saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel.
7 Ons vaders in Egipte het nie ag gegee op u wonders, hulle het nie gedink aan die menigte van u goedertierenhede nie, maarwas wederstrewig by die see, by die Skelfsee.
8 Maar Hy het hulle verlosom sy Naam ontwil, omsy mag bekend te maak.
9 En Hy het die Skelfsee gedreig, sodat dit opgedroog het, enhulle deur die watervloede laat gaan soos deur ’n woestyn.
10 EnHy het hulle verlos uit die hand van die hater en hullebevry uit die hand van die vyand.
11 Endie waters het hulle teëstanders oordek: nie een van hulle het oorgebly nie.
12 Toe het hulle aan sy woorde geglo, hulle het sy lof gesing.
13 Maarhulle het gou sy werke vergeet, op sy raadsbesluit nie gewag nie.
14 En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis.
15 Toehet Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel ’n maerte gestuur.
16 En hulle was in die laer afgunstig op Moses, op Aäron, die heilige van dieHere.
17 Die aarde het oopgegaan en Datan verslind en die bende van Abíram oordek.
18 En’n vuur het gebrand onder hulle bende, ’n vlam die goddelose aan die brand gesteek.
19 Hulle hetby Horeb ’n kalf gemaak en gebuig voor ’n gegote beeld.
20 En hulle het hul Heerlikheid verruil vir die afbeelding van ’n bees wat gras eet.
21 Hulle het God vergeet, hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte,
22 wonders in die landvan Gam, vreeslike dinge by die Skelfsee.
23 Toe het Hy gesê dat Hy hulle sou verdelg, as Moses, sy uitverkorene, nie voor sy aangesig in die bres gaan staan het om sy grimmigheid af te keer, dat Hy nie sou vernietig nie.
24 Hulle het ook die kosbare land versmaad,sy woord nie geglo nie;
25 en hulle het gemurmureer in hul tente, na die stem van dieHerenie geluister nie.
26 Toe het Hy sy hand teen hulle opgehef om hulle neer te slaan in die woestyn,
27 en om hulle nageslag te versprei onder die nasies en hulle te verstrooi in die lande.
28 Ookhet hulle hul aanBaäl-Peor gekoppel endie offerandes aandie dooies geëet;
29 en hulle hetdieHeregeterg deurhul dade, sodat ’n plaag onder hulle uitgebreek het.
30 Toehet Pínehas opgetree en gerig geoefen, en die plaag het opgehou;
31 endit is hom gereken tot geregtigheid, van geslag tot geslag tot in ewigheid.
32 Hulle hetHomook vertoorn by die waters van Mériba,en dit het met Moses sleg gegaan om hulle ontwil;
33 want hulle was wederstrewig teen sy Gees,sodat hy onverskillig gepraat het met sy lippe.
34 Hulle het die volke nie verdelg soosdieHereaan hulle gesê het nie,
35 maar hul met die heidene vermeng en hulle werke geleer.
36 Enhulle het hulle afgode gedien, en dit het vir hulle ’n strik geword.
37 Bowendienhet hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer
38 en onskuldige bloed vergiet — die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het — sodatdie land deur bloedskuld ontheilig is.
39 En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereerdeur hul dade.
40 Toehet die toorn van dieHereontvlam teen sy volk, en Hy het ’n afsku gekry van sy erfdeel.
41 En Hy het hulle in die hand van die heidene gegee, en hulle haters het oor hulle geheers;
42 en hulle vyandehet hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig.
43 Hy het hulle baiekeer gered; maar húlle was wederstrewig in hulle voorneme. So het hulle dan weggesink deur hul ongeregtigheid.
44 Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het;
45 en Hyhet tot hulle beswil aan sy verbond gedink en berou gekryna die veelheid van sy goedertierenhede.
46 En Hy het hullemedelyde laat vind by almal wat hulle as gevangenes weggevoer het.
47 Verlos ons,Hereonse God, enversamel ons uit die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!
48 Geloofd sy dieHere, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En laat die hele volk sê: Amen. Halleluja!