Lofsang op die werke van die Here.
1 HALLELUJA!
# Alef.Ek wil dieHereloof van ganser harte;Bet.in die kring van die opregtes en in die vergadering.
2 Gimel.Die werke van dieHereis groot;Dalet.nagespeur word hulle deur almal wat daar ’n welbehae in het.
3 He.Sy dade is majesteit en heerlikheid;Wau.ensy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.
4 Sajin.Hy het vir sy wonders ’n gedagtenis gestig;Get.dieHereisgenadig en barmhartig.
5 Tet.Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee;Jod.Hy dink vir ewig aan sy verbond.
6 Kaf.Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak,Lamed.deur hulle die erfdeel van die heidene te gee.
7 Mem.Die werke van sy hande istrou en reg;Noen.al sy bevele isbetroubaar.
8 Samek.Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig;Ajin.uitgevoer in trou en opregtheid.
9 Pe.Hy het aan sy volkverlossing gestuur;Sade.Hy het sy verbond vir ewig ingestel;Kof.sy Naam is heilig en vreeslik.
10 Resj.Die vrees van dieHereis die beginsel van diewysheid;Sin.almal wat dit beoefen, het ’n goeie verstand.Tau.Sy lof bestaan tot in ewigheid.