PSALMS 115

Die heerlikheid van die Here en die nietigheid van die afgode.

1 NIE aan ons, oHere, nie aan ons nie, maar aan u Naamgee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

2 Waarom sou die heidene sê:Waar is dan hulle God?

3 terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag.

4 Hulle afgode is silwer en goud,’n werk van mensehande.

5 Hulle het ’n mond,maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

6 ore het hulle, maar hoor nie; hulle het ’n neus, maar ruik nie;

7 hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie.

8 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.

9 Israel, vertrou op dieHere: Hy is hulle hulp en hulleskild!

10 Huis van Aäron, vertrou op dieHere: Hy is hulle hulp en hulle skild!

11 Julle wat dieHerevrees, vertrou op dieHere: Hy is hulle hulp en hulle skild.

12 DieHerehet aan ons gedink: Hy sal seën, Hy saldie huis van Israel seën, Hy sal die huis van Aäron seën.

13 Hy sal diegene seën wat dieHerevrees, die kleintjies saam met die grotes.

14 DieHeresal jullevermenigvuldig, julle en jul kinders.

15 Julle is geseënd deur dieHerewat hemel en aarde gemaak het.

16 Die hemele is hemele vir dieHere, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.

17 Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal dieHerenie loof nie;

18 maar óns sal dieHereprys, van nou af tot in ewigheid.Halleluja!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seven + eleven =