PSALMS 116

Danklied van ’n verloste.

1 EKhet lief, wantdieHerehoor my stem, my smekinge,

2 want Hy hetsy oor tot my geneig; daarom sal ekHomin my dae aanroep.

3 Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind.

4 Maar ek het die Naam van dieHereaangeroep: Ag,Here, red my siel.

5 DieHereis genadig enregverdig, en onse God is ’n ontfermer.

6 DieHerebewaar dieeenvoudiges;ek het swak geword, maar Hy het my gehelp.

7 My siel, keer terug tot jourus; want dieHerehet goed aan jou gedoen.

8 Want U het my siel gered van die dood, my oog van trane, my voet van struikeling.

9 Ek sal wandel voor die aangesig van dieHerein die lande van die lewendes.

10 Ek het geglo toe ek gespreek het: Ék is diep neergebuig.

11 Ék het in my angs gesê: Alle mense is leuenaars.

12 Wat sal ek dieHerevergeld vir al sy weldade aan my?

13 Ek sal diebeker van verlossinge opneem en die Naam van dieHereaanroep.

14 My geloftes sal ek aan dieHerebetaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk.

15 Kosbaar is in die oë van dieHeredie dood van sy gunsgenote.

16 Ag,Here, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg,die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak.

17 Ek sal U’n offer van danksegging bring endie Naam van dieHereaanroep.

18 Ek sal my geloftes aan dieHerebetaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk,

19 in die voorhowe van die huis van dieHere, binne-in jou, o Jerusalem!Halleluja!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

17 − 16 =