Danklied van die feesvierende menigte.
1 LOOF dieHere, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
2 Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
3 Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
4 Laat die wat dieHerevrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
5 Uit die benoudheid het ek dieHereaangeroep; dieHerehet my verhoor indie ruimte.
6 DieHereis vír my;ek sal nie vrees nie: wat kan ’n mens my doen?
7 DieHereis vír my as my helper; so salék dan neersien op die wat my haat.
8 Dit is beter om by dieHerete skuil as om op mense te vertrou.
9 Dit is beter om by dieHerete skuil as om opedeles te vertrou.
10 Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van dieHeredat ek hulle stukkend gekap het.
11 Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van dieHeredat ek hulle stukkend gekap het.
12 Hulle het my omsingelsoos bye — hulle is uitgeblussoos ’n doringtakvuur; dit is in die Naam van dieHeredat ek hulle stukkend gekap het.
13 Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar dieHerehet my gehelp.
14 DieHereis my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword.
15 ’n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van dieHeredoen kragtige dade.
16 Die regterhand van dieHereverhef; die regterhand van dieHeredoen kragtige dade.
17 Eksal nie sterwe nie, maar lewe endie werke van dieHerevertel.
18 DieHerehet my hardgekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.
19 Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil dieHereloof.
20 Dit is die poort van dieHere;regverdiges mag daardeur ingaan.
21 Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het.
22 Die steen wat die bouers verwerp het, het ’n hoeksteen geword.
23 Dit het van dieHeregekom; dit is wonderbaar in ons oë.
24 Dit is die dag wat dieHeregemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
25 Ag,Here, gee tog heil; ag,Here, gee tog voorspoed!
26 Geseënd is hy wat kom in die Naam van dieHere! Ons seën julle uit die huis van dieHere.
27 DieHereis God, en Hy het vir onslig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot bydie horings van die altaar.
28 U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog.
29 Loof dieHere, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!