PSALMS 124

#Geloofd sy die Redder van Israel.

1 ’nBEDEVAARTSLIED.Van Dawid.

# As dieHerenie vir ons was nie —laat Israel dit sê —

2 as dieHerenie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,

3 dan het hulle onslewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het;

4 dan hetdie waters ons oorstroom, ’n stroom het oor ons siel gegaan;

5 dan het die trotse waters oor ons siel gegaan.

6 Geloofd sy dieHerewat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!

7 Ons siel het vrygeraak soos ’n voëluit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak.

8 Ons hulp is in die Naam van dieHerewat hemel en aarde gemaak het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eleven + 11 =