Die Verlosser van Israel en Regter van die wêreld.
1 ’nPSALM.
# Sing tot eer van dieHere’n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen;sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp.
2 DieHerehet sy heil bekend gemaak,sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.
3 Hy hetgedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.
4 Juig voor dieHere, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!
5 Psalmsing tot eer van dieHeremet die siter, met die siter en die stem van gesang,
6 mettrompette enbasuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, dieHere!
7 Laat die see bruis en sy volheid, die wêreld en die wat daarin woon.
8 Laat die rivierein die hande klap, die berge tesame jubel
9 voor die aangesig van dieHere;want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg.