PSALMS 97

Die Here regeer!

1 DIEHereis Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!

2 Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon.

3 ’n Vuur gaan voor sy aangesig uit en steek sy teëstanders rondom aan die brand.

4 Sy bliksems verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe.

5 Berge smelt weg soos was voor die aangesig van dieHere, voor die aangesig van dieHerevan die hele aarde.

6 Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy heerlikheid.

7 Beskaamd staan almal wat die beelde dien, wat hulle op afgode beroem; al die godebuig hulle voor Hom neer.

8 Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, oHere!

9 Want U,Here, isdie Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode.

10 oLiefhebbers van dieHere,haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote,Hy red hulle uit die hand van die goddelose.

11 Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart.

12 oRegverdiges, wees bly in dieHere,en loof sy heilige gedenknaam!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

six + twenty =