PSALMS 95

Opwekking om God te loof en Hom gehoorsaam te wees.

1 KOM, laat ons jubel tot eer van dieHere,laat ons juig terere van die rots van ons heil!

2 Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!

3 Want dieHereis ’n grote God, ja, ’n groot Koningbo al die gode.

4 In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne.

5 Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.

6 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor dieHerewat ons gemaak het.

7 Want Hy is onse God, en ons isdie volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as jullevandag maarna sy stem wou luister!

8 Verhard julle hart niesoos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;

9 waar julle vadersMy versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.

10 Veertig jaar het Ek ’n afkeer gehad vanhierdiegeslag en gesê: Hulle is ’n volk met ’n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;

11 sodat Ekin my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in myrus nie ingaan nie!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twenty + 15 =