PSALMS 94

Triomf van die reg.

1 GOD van wraak, oHere, Godvan wraak, verskyn in ligglans!

2 Verhef U, oregter van die aarde, vergeld die trotsaardshulledade!

3 Hoe lank sal die goddelose, oHere, hoe lank sal die goddelose jubel?

4 Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd — al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.

5 oHere, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel.

6 Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese

7 en sê: DieHeresien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.

8 Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?

9 SouHy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?

10 Sou Hy watdie nasies tugtig, nie straf nie —Hy wat die mens kennis leer?

11 DieHereken die gedagtes van die mense — dat hulle nietigheid is.

12 Welgeluksalig is die man, oHere, wat Uonderrig en wat U leer uit u wet,

13 om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdatdie kuil vir die goddelose gegrawe word.

14 WantdieHeresal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;

15 want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg.

16 Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?

17 As dieHerevir my nie ’n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.

18 As ek dink:My voet wankel — dan ondersteun u goedertierenheid my, oHere!

19 As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.

20 Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versinteen die insettinge in?

21 Hulle bestorm die lewe van die regverdige enveroordeel onskuldige bloed.

22 Maar dieHereis ’n rotsvesting vir my, en my Goddie rots van my toevlug.

23 En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; dieHereonse God verdelg hulle.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one − 1 =