PSALMS 88

In groot donkerheid!

1 ’nLIED. ’n Psalm van die kinders van Korag. Vir die musiekleier; opdie wysie van:„Máhalat leannot.” ’n Onderwysing vanHeman, dieEsrahiet.

2 Here, God van my heil,bedags roep ek, in die nag is dit voor U.

3 Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.

4 Want my siel is sat van teëspoede, enmy lewe raak aan die doderyk.

5 Ek word gerekenby die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos ’n man sonder krag,

6 vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie Unie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.

7 U het my gesit in die kuil diep daaronder,in duisternisse, indieptes.

8 U grimmigheid rus op my, en U drukmyneer met al u golwe. Sela.

9 U hetmy bekendes ver van my verwyder, myiets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.

10 My oog vergaan van ellende.Here, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.

11 Kan U aan die dooies ’n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.

12 Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou indie plek van vertering?

13 Kan u wondermag indie duisternis bekend word en u geregtigheid in die land vanvergetelheid?

14 Maar ék,Here, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.

15 Here, waarom verstoot U my siel,verberg U u aangesig vir my?

16 Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.

17 U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;

18 die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my.

19 U hetvriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fourteen − nine =