PSALMS 87

Sion die moederstad van volke.

1 VAN die kinders van Korag. ’n Psalm. ’n Lied.

# Sygrondvesting is opheilige berge.

2 DieHerehet die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.

3 Heerlike dinge word van u gesê, ostad van God! Sela.

4 Ek wilRahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus — hierdie een is daar gebore.

5 En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.

6 DieHeresal tel as Hy dievolke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.

7 En die wat sing sowel as die wat vrolik is,sê:Al my fonteine is in jou!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

thirteen + eighteen =