Geroep om hulp.
1 ’nGEBED van Dawid.
# Here, neig u oor, verhoor my, wantek is ellendig en behoeftig.
2 Bewaar my siel, want ’n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.
3 Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.
4 Verbly die siel van u kneg, wanttot U, o Here, hef ek my siel op.
5 Want U, o Here, is goed en vergewensgesind engroot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.
6 Here,luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.
7 In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.
8 Daar isniemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie.
9 Al die nasies wat U gemaak het,sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;
10 want U is groot en doen wonders,U alleen is God.
11 Leer my,Here, u weg:ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.
12 Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;
13 want u goedertierenheid is groot oor my, en U hetmy siel uit die doderyk diep daaronder gered.
14 oGod,vermeteles het teen my opgestaan, en ’n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.
15 Maar U, Here, is ’n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.
16 Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aanu kneg en verlos die seun van u diensmaagd.
17 Doen aan my ’n tekenten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, oHere, my gehelp en getroos het.