PSALMS 85

Die heil is naby!

1 VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Psalm.

2 U het, oHere, ’n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander.

3 U het die ongeregtigheid van u volkweggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.

4 U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toornafgewend.

5 Herstel ons, o God van ons heil, enmaak tot niet u grimmigheid teen ons!

6 Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag?

7 Sal Ú ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie?

8 Laat ons u goedertierenheid sien, oHere, en gee ons u heil!

9 Ek wil hoor wat God dieHerespreek. Ja,Hy spreek vrede vir sy volk en virsy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!

10 Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodatheerlikheid in ons land kan woon.

11 Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar;geregtigheid envrede kus mekaar.

12 Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer.

13 Ookgee dieHeredie goeie, enons land lewer sy opbrings.

14 Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 + nine =