PSALMS 82

Die hoogste Regter en die wêreld van onreg.

1 ’nPSALM van Asaf.

# Godstaan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.

2 Hoe lank sal julle onregverdig oordeel enpartydig wees virdie goddelose mense? Sela.

3 Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.

4 Red die swakke en behoeftige, bevryhulleuit die hand van die goddelose mense.

5 Hulle weet nie en verstaan nie;hulle loop rond in duisternis:al die fondamente van die aarde wankel.

6 Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste —

7 nogtanssal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val.

8 Staan op, o God, oordeel die aarde!Want Ú het erfbesit van al die nasies.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one + 2 =