Die vertrapte volk van God.
1 ’nPSALM van Asaf.
# oGod,heidene het gekom inu erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig,Jerusalem tot puinhope gemaak.
2 Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land.
3 Hulle het húlle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegietsonder dat iemand hulle begrawe.
4 Ons het vir ons bure’n smaad geword, ’n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.
5 Hoe lank,Here, sal U vir ewig toornig wees, sal uywer brand soos ’n vuur?
6 Stort u grimmigheid uit oor die heidene wat Unie ken nie, en oor die koninkryke wat u Naam nie aanroep nie.
7 Want hulle het Jakob verteer en sy woning verwoes.
8 Reken ons die ongeregtighede van die voorvaders nie toe nie; laat u barmhartighede ons gou tegemoetkom, want ons is baie swak.
9 Help ons, o God van ons heil, om die eer van u Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondester wille van u Naam.
10 Waarom sou die heidene sê: Waar is hulle God? Laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte.
11 Laatdie gesug van die gevangene voor u aangesig kom; laat die kinders van die dood oorbly na die grootheid van u arm.
12 En vergeld ons buresewevoudigin hulle skoot die smaad waarmee hulle U, o Here, gesmaad het.
13 En ons, u volk en dieskape van u weide, ons sal U vir ewig loof, van geslag tot geslag sal ons u lof vertel.