Inwendige stryd en troosryke herinneringe.
1 VIR die musiekleier;opdie wysie van:„Jedútun.” ’n Psalm van Asaf.
2 My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister.
3 Op die dag van my benoudheid soek ek dieHere; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my sielweier om getroos te word.
4 As ek aan God dink, moet ek steun; peins ek, danversmag my gees. Sela.
5 U hou my ooglede oop; ek is onrustig en kan nie spreek nie.
6 Ek dink oordie dae van die voortyd, oordie ou, ou jare.
7 Ek wil dink aan my snarespelin die nag, wil peins met my hart, en my gees deurvors:
8 Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie?
9 Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit metdie belofte gedaan van geslag tot geslag?
10 Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.
11 Toe het ek gesê: Dit ismy grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!
12 Ek dink aan die dade van dieHere; ja,ek wil dink aan u wonders uit die voortyd
13 en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.
14 oGod, u weg is inheiligheid.Wie is ’n groot God soos God?
15 U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak.
16 U het u volk met ’n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en vanJosef. Sela.
17 Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien,hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder.
18 Die wolke het water uitgegiet, die hemelehet donder laat hoor, ook hetu pyle rondgevlieg.
19 U rollende donder het weerklink;bliksems het die wêreld verlig; die aarde het gesidder en gebewe.
20 U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie.
21 U het u volksoos skape gelei deur die hand van Moses en Aäron.