PSALMS 76

God die Regter en Redder.

1 VIR die musiekleier; metsnaarinstrumente. ’n Psalm van Asaf. ’n Lied.

2 God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel.

3 Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning.

4 Daarhet Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela.

5 Glansryk is U, heerlik van dieroofberge af!

6 Geplunder is die sterkes van hart; hullehet hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie.

7 Deur u dreiging, o God van Jakob, hetstrydwa en perd saam bedwelmd geraak.

8 U, vreeslik is U, en wie kanvoor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het?

9 Uit die hemel het U ’n oordeel laat hoor; die aarde het gevrees en stil geword,

10 toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos. Sela.

11 Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself.

12 Doen geloftes en betaal dié aan dieHerejulle God! Laat almal wat rondom Hom is,geskenke bring aan die Vreeslike,

13 wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nineteen + 4 =