PSALMS 75

Die Wêreldregter met die toornbeker.

1 VIR die musiekleier; opdie wysie van:„Moenie verwoes nie.” ’n Psalm van Asaf. ’n Lied.

2 Ons loof U, o God, ons loof, ennaby is u Naam; hulle vertel u wonders.

3 As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Ék regverdig.

4 Al wankel die aarde en al sy bewoners — Ék hetsy pilare vasgestel. Sela.

5 Ek sê tot dieonsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!

6 Verhef julle horing nie daarboenspreek nie mettrots uitgerektenek nie.

7 Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie …

8 maarGod is regter:Hy verneder die een en verhef die ander.

9 Wantin die hand van dieHereis’n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.

10 Maar ék sal vir ewig verkondig — ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob.

11 En ek sal aldie horings van die goddelose mense stukkend breek;die horings van die regverdige sal verhef word.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

7 + 10 =