PSALMS 72

Kroningslied.

1 VAN Salomo.

# oGod, gee aan die koning u regte enu geregtigheid aan die seun van die koning.

2 Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg.

3 Dieberge sal vrede dra vir die volk, en die heuwels, deurgeregtigheid.

4 Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel.

5 Hulle sal u vreessolank as die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag.

6 Hy sal neerdaal soos reën opdie grasveld, soos buie — ’n swaar reën op die aarde.

7 In sy daesal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie.

8 En hy sal heers van see tot see en van die Rivier tot bydie eindes van die aarde.

9 Die bewoners van dor plekke sal voor hom kniel, en sy vyandesal die stof lek.

10 Die konings vanTarsis en vandie eilande sal geskenke aanbied, die konings vanSkeba enSeba belasting aanbring.

11 Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien.

12 Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie.

13 Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red.

14 Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, enhulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.

15 Mag hy dan lewe! en mag hulle aan hom gee van die goud van Skeba en altyddeur vir hom bid; mag hulle die hele dag hom seën!

16 Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die Líbanon; en mag hulle bloei uit die stadsoos die plante van die aarde!

17 Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! Enmag al die nasies in hom geseën word,hom gelukkig prys!

18 Geloofd sy dieHereGod, die God van Israel, wat alleen wonders doen!

19 En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam!En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word!Amen, ja amen.

20 Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Ísai.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four + 9 =