PSALMS 68

Die oorwinning van die God van Israel.

1 VIR die musiekleier. Van Dawid.’n Psalm. ’n Lied.

2 God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg!

3 Soos rook verdryf word, verdryf Uhulle;soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God.

4 Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.

5 Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam,vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry:Hereis sy Naam; en jubel voor sy aangesig!

6 ’nVader van die wese en ’n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.

7 Godlaat dieeensames woon in ’n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewigeswoon in ’n dor land.

8 oGod,toe U uitgetrek het voor u volk,toe U voortgestap het in die wildernis, Sela,

9 het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdieSinai voor die aangesig van God, die God van Israel!

10 Met ’n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het Ú dit versterk.

11 U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God!

12 Die Here het die woord laat hoor — die vroue wat die goeie tyding gebring het, was ’n groot skare:

13 Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; ensy wat tuis gebly het, verdeel die buit.

14 As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die duif oordek met silwer en sy vleuels met liggroen goud.

15 Toe die Almagtige konings daarin verstrooi het, het dit gesneeu opSalmon.

16 ’n Berg van God is die berg Basan, ’n berg met toppe is die berg Basan.

17 Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, nadie berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, dieHeresaldaarwoon tot in ewigheid.

18 Die waens van God is tienduisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle;dit isSinai in heiligheid.

19 U het opgeklim na die hoogte,U het gevangenes weggevoer,U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges omdaarte woon, oHereGod!

20 Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.

21 God is vir ons ’n God van verlossinge, endieHereHere het uitkomste teen die dood.

22 Gewis,God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel.

23 Die Here het gesê: Ek salterugbring uit Basan, Ek sal terugbringuit die dieptes van die see;

24 sodat jy jou voet kan steek in bloed,die tong van jou honde van die vyande sy deelkan hê.

25 oGod, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom.

26 Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies inwat die tamboeryn slaan.

27 Loof God, die Here, in die vergaderinge,julle wat isuitdie fontein van Israel!

28 Daar isBenjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda — hulle menigte; die vorste van Sébulon, die vorste van Náftali.

29 Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het!

30 Ter wille van u tempel in Jerusalemsal die koningsaan U geskenke bring.

31 Dreig die wilde gedierte van die riet — die trop stiere saam met die kalwers van die volke — die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë.

32 Edeles saluit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God.

33 oKoninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela.

34 Van Hom watry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, ’n magtige stem.

35 Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke.

36 Vreeslik is God uit jou heiligdomme,o Israel!Die God van Israel — Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ten − eight =