PSALMS 59

Hulp teenoor vermetele rowers.

1 VIR die musiekleier;opdie wysie van:„Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Gedig,toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak.

2 Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders!

3 Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die manne van bloed!

4 Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, oHere!

5 Buitenmyskuld hardloop hulle en maak hulle klaar.Ontwaak, my tegemoet, en kyk!

6 Ja U,Here, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela.

7 Elke aand kom hulle terug;hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.

8 Kyk, hulle smaal met hul mond;swaarde is op hulle lippe, want — wie sou dit hoor?

9 Maar U, oHere,lag oor hulle; U spot met al die heidene.

10 My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting.

11 My genadige God sal mytegemoetkom; God sal my op my vyande laat neersien.

12 Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild!

13 Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel.

14 Vernietighullein grimmigheid, vernietighulle,sodat hulle daar nie meer is nie; enlaat hulle weet dat God heers in Jakob, tot by die eindes van die aarde! Sela.

15 Enelke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.

16 Húlle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag.

17 Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was ’n rotsvesting vir my en ’n toevlug in die dag toe ek benoud was.

18 My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 + fifteen =