Teenoor grimmige vyande.
1 VIR die musiekleier;met snaarinstrumente.’n Onderwysing van Dawid,
2 toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie?
3 oGod, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!
4 oGod, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!
5 Wantvreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela.
6 Kyk,God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.
7 Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou!
8 Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, oHere, loof,want dié is goed;
9 want dié het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalleop my vyande neergesien.