PSALMS 52

Wee oor die bedrieglike tong.

1 VIR die musiekleier.’n Onderwysing van Dawid,

2 toeDoëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahiméleg ingegaan.

3 Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag!

4 Jou tong beraam onheil,soos ’n geslypte skeermes, o werker van bedrog!

5 Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela.

6 Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!

7 So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tentuitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uitdie land van die lewendes. Sela.

8 En die regverdiges sal ditsien en vrees; en hullesal oor hom lagen sê:

9 Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maarvertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid!

10 Maar ek sal wees soos’n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd.

11 Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag,want dié is goed, in teenwoordigheid vanu gunsgenote.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen − twelve =