PSALMS 51

’n Boetelied van Dawid.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid,

2 toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het.

3 Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid;delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.

4 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.

5 Wanték ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.

6 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë,sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.

7 Kyk,in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

8 Kyk, U het ’n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.

9 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, datek witter kan wees as sneeu.

10 Laat my vreugde en blydskap hoor; laatdie gebeente juig wat U verbrysel het.

11 Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.

12 Skep vir my ’n rein hart, o God, engee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees.

13 Verwerp my nievan u aangesig nie en neemu Heilige Gees nie van my weg nie.

14 Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ’ngewillige gees.

15 Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulletot U kan bekeer.

16 Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.

17 Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.

18 Want Uhet geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.

19 Die offers van God is ’n gebroke gees; ’ngebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!

20 Doen goed aan Sion na u welbehae;bou die mure van Jerusalem op.

21 Dan sal U ’n welbehae hê indie offers van geregtigheid, in brandoffer envoloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 × 4 =