Sion die stad van die groot Koning.
1 ’nLIED. ’n Psalm van die kinders van Korag.
2 DieHereis groot en baie lofwaardig indie stad van onse God,sy heilige berg!
3 Skoon deur sy verhewenheid,die vreugde van die hele aarde is die berg Sion,aan die noordekant,die stad van die groot Koning!
4 God het Hom in sy paleise bekend gemaak as ’n rotsvesting.
5 Want kyk,die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.
6 Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword,in angs weggevlug.
7 Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.
8 Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.
9 Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van dieHerevan die leërskare, indie stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.
10 oGod, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel.
11 Soosu Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.
12 Laat die berg Sion bly wees, laatdie dogters van Juda juig oor u oordele.
13 Gaan rondom Sion, trek daaromheen,tel sy torings;
14 let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle ditaan die volgende geslag kan vertel,
15 dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hý sal ons leitot die dood toe.