Bruilofslied vir die Messías.
1 VIR die musiekleier;opdie wysie van:„Lelies.” Van die kinders van Korag. ’n Onderwysing. ’n Lied van die liefde.
2 My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande ’n Koning; my tong is die pen van’n vaardige skrywer.
3 U is veel skoner as die mensekinders;genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig.
4 Gord u swaard aan die heup, o held, umajesteit en u heerlikheid;
5 ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoedengeregtigheid; en laat u regterhand Uvreeslike dinge leer!
6 Upyle is skerp (volke val onder U!);hulle trefin die hart van die Koning se vyande.
7 U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is ’n regverdige septer.
8 U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, oGod, u God U gesalf metvreugde-olie bo u metgeselle.
9 Al u klere ismirre en aleweeenkassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.
10 Dogters van konings is onderu staatsdogters;die koningin staan aan u regterhand ingoud van Ofir.
11 Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, envergeet u volk en die huis van u vader;
12 en as die Koning u skoonheid begeer — want Hy is u Heer — buig u dan voor Hom neer.
13 En, o dogter van Tirus — metgeskenke sal hulle u guns soek,ja,die rykstes van die mense.
14 Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.
15 In veelkleurige gewadeword sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.
16 Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.
17 In die plek van u vaders sal u seuns wees;U sal hulle aanstel as vorste in die hele land.
18 U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd.